CABERNET SAUVIGNON

· John Platter SA Wines (Guide) 2004: Vier ster-toekenning
· Veritas 2004 Brons

'n Elegante, volronde wyn met 'n sagte, soepel nasmaak.

Hierdie robynrooi wyn is verouder in nuwe Franse eikehoutvate en ryk aan die natuurlike, aardse geure van die edel Cabernet Sauvignon.

De Compagnie se Cabernet Sauvignon is wyn vir die connoisseur.

PRIVAATKEUR

· John Platter SA Wines (Guide) 2004: Vier ster-toekenning
· Veritas 2004 Brons

Nie verniet het hierdie wyn die eksklusiewe etiket “Privaatkeur” nie! Persoonlik gekeurde Cabernet Sauvignon en Merlot het gelei tot ‘n delikaat gebalanseerde versnit.

'n Uitsonderlike neutsmaak met 'n sweempie bessie en swartpeper karakteriseer hierdie unieke wyn. In die wynglas gloei dit met 'n lewendige, granaatrooi kleur. Dit is effens verhout in nuwe Franse houtvate, met sagte, maar onmiskenbare tanniene.

POTKETEL BRANDEWYN

· Michelangelo International Awards 2005 Silwer

In die jaar 1849 het Ben Lategan vir die eerste keer sy stookketel gebruik en brandewyn gestook … Honderd en vyftig jaar later is dieselfde antieke alembiese stookketel nog steeds in gebruik en word die kuns van voortreflike brandewyn liefdevol voortgesit.

Dit is 'n tydsame proses: deurwinterde 1976-wynstokke lewer die Chenin Blanc-oes wat dubbel gedistilleer, en dan vir 'n minimum van vyf jaar in Franse eikehoutvate verouder word. In dié tyd hou die engele wag en eis hul beskeie deel op. Die eindproduk is 'n diep, ougoud brandewyn met aromas van vars vye en kaneel en 'n onmiskenbare sitrus-geur. Volrond, sag en verleidelik.

Cabernet Sauvignon Privaatkeur Potketel Brandewyn