KUNS & KULTUUR
Johann en Riana se missie is nie nét die produksie van voortreflike wyne nie, maar ook kulturele verryking in die simbiose van kuns, kos en kultuur. Riana Scheepers, bekende en bekroonde skrywer, bied haar uiters gewilde kursus in Skryfkuns en Kreatiewe Denke op De Compagnie Wynlandgoed aan. Jong (en ou) aspirantskrywers kan hulle hier in die pragtige historiese omgewing oorgee aan die wonderwêreld van die kreatiewe woord. Kultuuraande, met sang, musiek en poësie, word van tyd tot tyd in die historiese kelder aangebied.
Vir verdere besonderhede, en om 'n plek te verseker,
skakel Riana Scheepers by 021 864 1241 of 082 891 1025 .
e-pos: rianas@mweb.co.za
