DIE JONKERSHUIS, DE COMPAGNIE LANDGOED
Waar die reis einding en die avontuur begin.
Knus weggesteek tussen die wingerde van De Compagnie, is hierdie eertydse perdestal met sy dik, geurige rietdak, antieke koper hemelbed en knetterende vuurherd sekerlik die mees romantiese wegkruipplek in die hele Wamakersvallei.
Die Jonkershuis is ingerig met persoonlike erfgoed: antieke kant, silwer eetgerei en die fynste porselein. Geen moeite is ontsien nie om die styl, grasie en swier van 'n vervloë era, vir 'n wyle, vas te vang.
Die Jonkershuis bied eksklusiewe verblyf en 'n kontinentale selfbedienings-ontbyt vir nét twee mense. Daar is géén televisie nie, maar tarentale, uile en kolganse ... en die stilte van die manjifieke berge wat die vallei omsluit.
Tarief: Op aanvraag.
